SPIER TONEEL
Soms mekee mens bietjie idle tussenie revs
Produksie: Kuns
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Nardus Engelbrecht
Yasmina Reza se Art kô Toyota Stellenbosch Woordfees toe as ‘KUNS’ met Naòmi Morgan se skêp vertaling en met Marthinus Basson as regisseur en ontwerper. Die Adam Small-ouditorium was vol ennie gehoo vasgenael. Die set-up bly simple. Drie ou vriende pluk aan mekaa tot die vriendskap begin ytrafel, all because een van hulle ’n duur stuk kuns gekoepit.
Die trio oppie vehoog is ’n goeie mix. Wilhelm van der Walt se Ivan is daai people-pleaser wat probee vrede maak met komplimente. Hy’t groot oë en vinnage bene. Vinnag issie keyword. Ludwig Binge as Serge ground dinge. Hy speelie straight guy met ’n droë humor wattie toneel laat asem. Wessel Pretorius se confrontational energie is brash en skêp. Saam wêk hulle soes mense wat al lank saam toer.
Wel, Wilhelm en Wessels het hierdie show eeste in 2009 gedoen, soe, hulle kô, in fact, al lank saam. Jy voelie geskiedenis tussen hulle en it wêk. Maa is oek my kritiek.
Basson se stel is netjies en chic en sy transitions tussen scenes is skoon en vinnag. Nicolaas de Jongh se beligting add byrie flow. Die hele show loep soe smooth. Soms voel it te smooth. Dialoog kô te maklik, it kaan mee memorized as metabolized voel, asof muscle memory die ding steer en ware luister shotgun ry. Die show is ’n gorgeous engine, maa soms mekee mens ’n bietjie idle tussenie revs.
Die hele show loep soe smooth. Soms voel it te smooth. Dialoog kô te maklik, it kaan mee memorized as metabolized voel, asof muscle memory die ding steer en ware luister shotgun ry.
Reza se Art het in 1994 in Parys première, was ’n big deal in Londen in 1996, en het in 1998 ’n Olivier-prys vi beste nuwe komedie en ’n Tony vi beste play gewen. Kuns pas elegant in daardie international family tree van produksies. Hierdie version is vinnag, sophisticated en snaaks. Selfs wanne it jaag, land it.
*
Kuns
15 OKT 09:30 | 17 OKT 13:30 | 18 OKT 14:30
Adam Small-ouditorium