TOYOTA STELLENBOSCH WOORDFEES
Spring vir die laaste feeskaartjies
Deur: Marchelle van Zyl
Foto’s: Nardus Engelbrecht en verskaf
Die Toyota Stellenbosch Woordfees is om die draai. Van 11 tot 19 Oktober gaan Stellenbosch vibreer met kuns, musiek, drama en vermaak. Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier hul 25ste verjaardag met ’n feesprogram van meer as 400 produksies, gesprekke, partytjies, konserte en geleenthede. Hier is iets vir almal.
Ekstra kaartjies
Sommige van jul gunstelingshows het vinnig uitverkoop, maar met ’n armdraai of drie kon ons ’n paar ekstra vertonings kry of na ’n groter venue skuif om meer mense te akkommodeer.
Vir Antjie Krog se gesprek oor haar nuutste roman Binnerym van bloed is die gesprek geskuif na die Kruiskerk, wat beteken baie meer mense kan na ons ikoniese Antjie kom luister. Bespreek hier.
Nic de Jager, Nataniël, Bertus Basson en Die Vyftigers het almal ekstra geleenthede gekry. Spring dus gou voor hierdie kaartjies ook uitverkoop.
Nic de Jager: In my eie woorde (met Coenie de Villiers)
13 Okt. 15:00 | 14 Okt. 10:00 (ekstra vertoning) | Drostdy-teater | Bespreek hier
Die Vyftigers
14 Okt. 20:00 | 16 Okt. 13:30 (ekstra vertoning) | The Daisy Jones Bar | Bespreek hier
16 Okt. 12:00 (ekstra vertoning) | 17 Okt. 12:00 | Lanzerac | Bespreek
Speelkamersessies met Bertus Basson
15 tot 18 Okt. 12:00 | Eike-restaurant Bespreek hier
Die storie van Vivaldi se ‘Vier Seisoene’
16 Okt. 11:00 | 17 Okt. 11:00 (ekstra vertoning | Fismer | Bespreek hier
Zoid se Psalms
Karen Zoid is bekend vir grensverskuiwende werk. Sy speel met genres en kruisbestuif rock ‘n roll met klassieke musiek, folk, volksdeuntjies, en in
Toyota Musiekfees: Die Woordfeesspan beveel aan
Skrootwerf
–
evangelie
by die HMS Bloemhof-sentrum
Omwentelinge: ’n Papierspel
by die Drostdy-teater
Ontaard: Spoken Word
by die Spier-ouditorium
Hoort
met Stephanie Baartman, Janine Neethling by die Drostdy-teater
Sathima’s Africa
by The Daisy Jones Bar
Van Ganser Harte
by die Drostdy-teater
Zanne Stapelberg: Once Upon a Tune
by die HMS Bloemhof-sentrum
Dans onder die sterre
Bring jou dansskoene en kampstoele en maak gereed vir ’n wonderlike reeks buitelugkonserte by die jaar se Toyota Musiekfees. Met genoeg eet- en drinkgoed by die konsert, is die piekniektafel gedek vir ’n week van uitstaande gehalte en partytjievibes.
Toyota Musiekfees-opelugkonserte: Jan Marais-natuurreservaat
Soweto String Quartet
Will Linley
Mandisi Dyantyis
Early B Salome
Roan Ash Brandon Miles
Die Piesangskille
Kuns maak gesond
Met byna 90 kunstenaars en sowat 120 werke word kunsliefhebbers en -beleggers vanjaar behoorlik bederf.
Veldhospitaal is ’n opwindende smeltkroes van kunstenaars wat met kuns, musiek, vertonings en uitvoerings die kyker gaan bekoor en begogel in ’n nuwe baanbrekerfeeskonsep. Die pret speel af by die Libertas-plaas. Dis definitief ’n moet-ervaring by die fees. Stel jou oop vir iets heeltemal eiesoortig.
Visuele kuns was nog altyd een van die Toyota Stellenbosch Woordfees se swaartepunte. Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe het vanjaar se uitstalling byeengebring, in samewerking met die veilinghuis, Strauss Co., wat ook die aanlynveiling hanteer. Die Woordfees-kunsveiling vind vanaf 6 Oktober aanlyn op
Rondleidings deur die kunstenaars voeg waarde by tot die kunservaring en gee konteks aan die visuele ervarings.
Kunstenaars kan ook by hul studios besoek word. Vind die volledige kunsprogram by www.woordfees.co.za.
Tien klaviere, 200 vingers
Laasjaar se Klavier-extravaganza was so ’n groot sukses dat daar besluit is om ’n tweede uitvoering aan te pak. Die Standard Bank Endler se orrel word ook ingespan in hierdie grootse uitspattige uitvoering. Dit was een van die gewildste produksies op laasjaar se program, en dit beloof om weer ’n gunsteling te wees. Moet dit nie misloop nie. Bespreek Klavier-extravaganza II hier.