Velddraf met woorde | 2026

Velddraf met Woorde was die perfekte afsluiting van die fees – ’n heerlike viering van taal, beweging en feesgees!

Die weer het gesorg vir ideale omstandighede en byna 500 deelnemers het aangetree vir een van drie afstande: die 10 km Vastrap, 5 km Japtrap en die 100 m WAT-eeuloop, om 100 jaar van die Woordeboek van die Afrikaanse taal te vier. Die woorde het gewikkel en die taal het laat spat oor die pragtige roetes by Dornier-wynlandgoed. Spoed was aan die orde van die dag, en plesier het geseëvier. Elke deelnemer het met ‘n spekboompie as medalje weggedraf en iedereen was voorwaar ‘n wenner.

Met trots geborg deur: EasyEquities, CN&CO, Stelkor, Berocca, Coca-Cola, Oasis Water, PVM, Monarch Coffee Cartel en Padel Story.

Foto’s: AB Jantjies en Ivan du Plooy

Facebook
Twitter
LinkedIn