Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte

Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek […]

Foto’s: NiksAllesTogIets

De Bois en Manie wil die wêreld red. Dit lyk goed op De Bois se CV, veral as hy die titel as Meneer Suid-Afrika uiteindelik wil verower. Manie het ’n meesterplan, maar om die wêreld ‘n beter plek te maak is ’n groot verantwoordelikheid. Hulle plan is te klein vir twee. Met: Robert Hindley, Allistair Seymour, […]

Foto’s: Sho Madjozi en Dagdrome in die Boland

Hier is ‘n foto’s van Sho Madjozi se optrede en die Dagdrome in die Boland-konsert met Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Jack Parow, Tasché en verskeie ander topkunstenaars. Dit was die afskopkonsert van die Toyota Tawwe Tien-konserte op Vrydag 6 Maart. (Foto’s: Stefan Els)

Foto’s: Valsrivier

Die verhoogverwerking van Dominique Botha se veelbekroonde roman word aangebied deur die vervaardigers van Die reuk van appels en Kamphoer. Dié aangrypende verhaal oor familie, lojaliteit, verlies en grootword is afgeëts teen die landskap van ’n diep verdeelde Suid-Afrika. ’n Jong man se lewe stuur onafwendbaar af op ’n tragiese einde, te midde van ’n […]

Wenner van die kortverhaal-kompetisie

Die Woordfees vier vanjaar sy 21ste verjaardag en die feestema is “Aanhou beweeg en geraas maak”. Dié tema is geneem uit die Jan Rabie-kortverhaal “Ek het jou gemaak” uit die bundel 21. Vanjaar se Woordfeesbundel, met die titel Aanhou beweeg en geraas maak, is op 6 Maart by die Toyota US Woordfees in Stellenbosch bekend gestel en by […]