Feeswenke

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n inklusiewe basaarpoeding van menings, agtergronde, kulture en oortuigings. Ons skep ’n platform met die hoop en strewe om deur diverse uitdrukking en ons onderskeie ervarings eenheid én mekaar te vind en vier. Ons vra dat jy medefeesgangers respekteer en op ’n opbouende manier van mekaar verskil.

Skakel asseblief jou selfoon af voor alle vertonings, los die baba en die hond by die huis, loop ’n draai voor jy gaan sit en deel jou lewensverhaal of opinie liefs ná die tyd. Geen laatkommers word by opvoerings ingelaat nie. Kosstalletjies en kontantkroeë is by meeste venues beskikbaar. Ondersteun asseblief ons verskaffers – geen eie kos en drank word by venues toegelaat nie. Ruim minstens 30 minute in om verversings en drankies voor vertonings te koop. Kroeë sluit 15 minute voor ’n vertoning begin om almal betyds in die venue te kry.

Volg die Toyota Stellenbosch Woordfees op Facebook, Instagram, of op ons WhatsApp-kanaal, en teken in op ons nuusbrief. Besoek ons webwerf vir inligting, toevoegings, bykomende vertonings, programveranderings en nuus. Geniet ook ons feeskoerant, INK, met resensies, profiele en kommentaar gratis gedurende die fees op woordfees.co.za.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees gebruik kragopwekkers in byna alle venues en vertonings gaan voort as die krag af is. 

Die Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart óf gebruik SnapScan.

Stellenbosch is ’n ou dorp met smal strate en min parkeerplek. Laat dus genoeg tyd toe om van die een vertoning tot by ’n volgende te kom.

Kochstraat-parkering:
R25 per dag | R100 vir die hele fees
Toyota-pendeldiens:
R60 vir die dag | R250 vir die hele fees
*Kinders onder 12 pendel gratis.

Kaartjies by Quicket of Kochstraat/Ryneveld. 
Pendelnommer: 0727523194

Met die uitsondering van een ruimte is al die Stellenbosch Woordfees se venues ingerig vir rolstoelgebruikers. Slegs die Dylan Lewis-beeldetuin is ontoeganklik vir rolstoelgebruikers. Dit is wel noodsaaklik om by alle venues vooraf reëlings te tref vir hulp met toegang en veral parkering – skakel 079 256 0398.

Oktobermaand is lente en bedags is dit warm op Stellenbosch. Bring ’n sonhoed en sonskerm saam, en drink genoeg water. Maar al is die dae warm, word dit vinnig koud sodra die son sak. Bring warm klere of ’n kombers vir buitelugvertonings.

’n Uitgebreide paneel kundiges woon alle vertonings van die Toyota Stellenbosch Woordfees by om die beste kunstenaars en aanbiedings in 30 subkategorieë te bepaal. Die wenners word op ’n toekenningsgeleentheid in November aangewys.

Nooddienste vanaf enige selfoon: 112

Netcare: 082 911
ER24: 084 124
Mediclinic Stellenbosch (ongevalle): 021 861 2094

Stellenbosch Provinsiale Hospitaal (ongevalle): 021 808 6100

Kampusgesondheidsdienste: 021 808 3494/6

US Kampussekuriteit (noodgevalle):
021 808 2333

Stellenbosch-munisipaliteit se Noodgevalle

24/7: 021 808 8890

Stellenbosch-brandweer: 021 808 8888

SAPD
Noodgevalle (nasionaal): 10111 Stellenbosch: 021 809 5000 / 5015 / 5012

Woordfeeskantoor (algemene navrae): 079 256 0398 | navrae@woordfees.co.za

Rolstoelbesprekings: 079 256 0398

Feesreëls

  • Ingevolge die fees en Quicket se beleid, is terugbetalings nie moontlik nie, behalwe in die geval van die kansellasie van ’n produksie. Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak en waardeer u begrip. 

  • Sodra ’n vertoning begin het, sal die deure gesluit word en sal geen laatkommers ingelaat word nie. Van toepassing op alle kaartjielokale, behalwe die Jan Marais-natuurreservaat en After Paartie (Konservatorium Amfiteater). 

  • Geen kinders onder die ouderdom van 18 word sonder ouertoesig by The Daisy Jones Bar toegelaat nie. 

  • Vir navrae oor u kaartjies, stuur e-pos aan support@quicket.co.za of skakel 021 424 9308. 

  • Toegang vir kinders onder die ouderdom van 7 is gratis by die Jan Marais-natuurreservaat. 

  • Indien ’n produksie gekanselleer word of ’n venue verander word, sal Quicket u vroegtydig per e-pos of SMS kontak.

  • Dit gebeur soms dat vertonings noodgedwonge gekanselleer moet word of nie voltooi word nie. In so ’n geval sal jy kommunikasie van Quicket ontvang wat reëlings uiteensit vir jou terugbetaling. Terugbetalings vind slegs plaas indien die vertoning vooraf of binne die eerste 30 minute gekanselleer word. 

  • Sodra jy vir ’n kaartjie betaal het, kan jy dit nie omruil vir ’n ander vertoning nie, maar slegs vir dieselfde vertoning op ’n ander datum.

  • Wanneer ’n produksie aan die gang is, mag niemand die lokaal verlaat nie, behalwe in die geval van kinderteaterproduksies.

  • Kliëntediens sal beskikbaar wees in die feeskantoor by Erfhurthuis, Ryneveldtstraat 37. 

  • Rig gerus enige navrae aan ons per e-pos by navrae@woordfees.co.za.

  • Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart of gebruik SnapScan.

  • Die Spier Amfiteater is nie vanjaar ’n venue nie. Spier is bloot die naamborg van die fees se teater-program. Maak asseblief seker dat jy op jou kaartjie kyk waar die vertoning plaasvind. Die korrekte venues word ook op ons webtuiste aangedui.
  • ’n Geldige kaartjie, hetsy in gedrukte of digitale formaat, word vir toegang tot alle vertonings benodig.
  • Hou asseblief jou kaartjie gereed om by die ingang van elke venue geskandeer te word.
  • Sodra ’n kaartjie geskandeer is, kan dit nie weer gebruik word vir toegang tot dieselfde vertoning nie.
  • Buiten vir vertonings by die Jan Marais-natuurreservaat en The Daisy Jones Bar, sluit die deure van alle venues sodra die vertoning begin en sal geen laatkommers toegang tot die lokaal verkry nie. 
  • Buiten vir kinderteater word geen uit- en inloop tydens ’n vertoning toegelaat nie.
  • Geen kinders onder die ouderdom van 18 word sonder ouertoesig by The Daisy Jones Bar toegelaat nie.
  • Toegang vir kinders onder die ouderdom van 7 is gratis by die Jan Marais-natuurreservaat.
  • Geen kos of drankies wat nie by die venues gekoop is nie, word by die venue toegelaat nie.
  • Die Spier Amfiteater is nie vanjaar ’n venue nie. Spier is bloot die naamborg van die fees se teater-porgram. Maak asseblief seker dat jy op jou kaartjie kyk waar die vertoning plaasvind. Die korrekte venues word ook in die feesgids aangedui.
  • Gebruik van die Toyota-pendeldiens by die Toyota Stellenbosch Woordfees (“Woordfees”) is op jou eie risiko en jy vrywaar die Woordfees en die pendeldiensdrywer van enige verantwoordelikheid vir enige besering aan jouself, eiendomskade of verlies van jou besittings of aanspreeklikheid terwyl jy die pendeldiens gebruik.
  • Parkering is gedurende die feesweek byna onverkrygbaar. Maak seker jy het vooraf jou parkeer- of pendeldienskaartjie gekoop en beplan deeglik om betyds by jou vertoning aan te kom.


Feesgangers:

  • Pendelkaartjie word vereis: Alle feesgangers moet in besit wees van ’n geldige dag- of weekkaartjies om gebruik te maak van die pendeldiens. Algemene feesakkreditasie is nie ’n geldige kaartjie vir toegang tot die pendeldiens nie.
  • Reg van toegang word voorbehou: Enige persoon wat ontwrigtende gedrag toon of onder die invloed voorkom, kan toegang geweier word.
  • Wag in die ry: Wag asseblief in die aangewese wagarea en klim op ’n ordelike wyse in die voertuig.
  • Instruksies: Volg asseblief alle instruksies van die pendelbusbestuurder en feespersoneel.


Kunstenaars en personeel:

  • Kunstenaarsakkreditasie: Kunstenaars en personeel wat van die pendeldiens gebruik maak, moet hul akkreditasie toon vir toegang.
  • Geen akkreditasie, geen toegang: Indien jy nie jou akkreditasie byderhand het nie, sal jy ’n dag- of weekkaartjie moet aankoop om van die diens gebruik te maak.

Gedrag in die voertuig:

  • Respekvolle gedrag: Toon asseblief respek teenoor die bestuurder, feespersoneel en alle mede-passasiers.
  • Bly sit: Bly asseblief sit terwyl die pendelbus beweeg. Moenie in die gangpaadjies staan of die deure versper nie.
  • Persoonlike besittings: Hou alle persoonlike besittings op jou skoot of onder die sitplek. Moenie die gangpaadjies met groot sakke, koelhouers of ander items versper nie.
  • Moenie rook nie: Rook, insluitend e-sigarette en vapes, is streng verbode in alle voertuie.
  • Verbode items: Geen wapens, onwettige middels of glashouers word in die voertuig toegelaat nie.

Verkeer en parkering:

• Verkeer en parkering: Gebruik slegs aangeduide parkeerareas en volg alle verkeersaanwysings van ons spanne.
• Aanwysings: Volg asseblief alle rigting-, veiligheids- en inligtingsborde op die feesterrein en by venues.

  • By die Spaar Bar kan jy halfpryskaartjies koop vir sekere vertonings wat binne vier uur plaasvind. Byvoorbeeld as jy 09:00 by die Spaar Bar is, kan jy halfpryskaartjies koop vir sekere vertonings tot en met 13:00 daardie dag. 
  • Die Spaar Bar is van 3 tot 11 Oktober van 09:00 tot 16:00 oop by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch of aanlyn by Quicket. 
  • Hierdie aanbieding sluit leefstyl-items waar kos en drank bedien word, uit.
  • Slegs van toepassing op sekere produksies.
  • Afslag is nie van toepassing op kaartjies wat by ander feesvenues gekoop word nie.
  • Tydsbestuur is belangrik om teleurstelling weens lang rye te voorkom.

Alle verlore items moet of by die venue waar dit gevind is aan die venuebestuurder oorhandig word of by die kaartjiekantoor (Erfurthuis) ingehandig word. Indien jy iets verloor het, doen asb. navraag daaroor by die venue of by die Erfurthuis te Ryneveldstraat 37. 

  • Persone onder die ouderdom van 18 word nie toegelaat om alkohol te verbruik of aan te koop nie. ID-kontrole sal by alle kroeë toegepas word.
  • Geen alkohol of glashouers wat buite die fees aangekoop is, sal op die terrein toegelaat word nie.
  • Geen alkohol of glashouers wat buite die fees aangekoop is, sal op die terrein toegelaat word nie.
  • Geen wapens of gevaarlike items word enige plek op die feesterrein toegelaat nie.
  • Eie kos en drank word nie in lokale toegelaat nie.

Die gebruik, besit of verkoop van onwettige dwelms is streng verbode.

Rook, insluitend e-sigarette en vapes, word slegs in aangeduide rookareas toegelaat. Rook word nie in enige binnenshuise venues of ruimtes met groot kapasiteit toegelaat nie.

  • Help ons om die feesterrein skoon te hou deur van die voorsiene vullis- en herwinningsdromme gebruik te maak.
  • Respekteer die venue: Moenie enige eiendom, strukture of natuurlike elemente by enige van die venues beskadig nie.
  • Sekuriteit: Respekteer en volg alle instruksies van ons sekuriteits- en veiligheidspersoneel.
  • Mediese bystand: Vir enige mediese noodgeval of besorgdheid, soek asseblief onmiddellik ’n medikus of feespersoneellid of skakel een van die noodnommers.
  • Algemene veiligheid: Wees bewus van jou omgewing, moenie op enige strukture of heinings klim nie, en rapporteer enige veiligheidsgevare of verdagte gedrag aan personeel.

Algemene vrae

Die gratis gedrukte feesgids is by die Woordfeeskantoor in die Erfurthuis (Ryneveldstraat 37, Stellenbosch) te kry, en ook by verskeie biblioteke, boekwinkels, toeristeburo’s en gastehuise in die Wes-Kaap.

Kaartjies is by quicket.co.za te koop. Vir spesiale aandag, raad en leiding, maak ’n draai by ons kaartjiekantoor by die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, Stellenbosch. Handelsure is van Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00. Gedurende die fees is dié kantoor daagliks van 08:00 tot 19:00 oop. Kaartjies kan ook by die venue van die vertoning gekoop word. 

Kosstalletjies en kontantkroeë is by die meerderheid van die venues beskikbaar. Piekniekmandjies en eie drank word nie by buitelugkonserte toegelaat nie.

  • Geen laatkommers word toegelaat by vertonings nie. Begroot minstens 30 minute vir aankope van verversings en drankies voor vertonings.
  • Die Spier Amfiteater is nie vanjaar ’n venue nie. Spier is bloot die naamborg van die fees se teater-program. Maak asseblief seker dat jy op jou kaartjie kyk waar die vertoning plaasvind. Die korrekte venues word ook op ons webtuiste aangedui.

Nee. Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n kontantlose fees. Betaal met enige debiet- of kredietkaart of SnapScan.

Met die uitsondering van een ruimte is al die Toyota Stellenbosch Woordfees se venues ingerig vir rolstoelgebruikers. Slegs die Dylan Lewis-beeldetuin is ontoeganklik vir rolstoelgebruikers. Dit is wel noodsaaklik om by alle venues vooraf reëlings te tref vir hulp met toegang en veral parkering – skakel 079 256 0398.

Ken jou venues

Open Window is in Onder Papegaaiberg geleë. Dis in die pad agter die Oude Libertas-amfiteater. Die adres is: Oude Molen, 1 Distillery Rd, Stellenbosch, 7600

Gebruik die ingang in Rustenburgweg. Parkering sal langs die saal wees. 

Gratis toegang vir kinders onder die ouderdom van sewe.
Geen kos en drankies word toegelaat nie – daar sal stalletjies wees.
Jy mag stoele en komberse na die venue bring.

HMS Bloemhof het twee venues. Maak seker jy is by die regte een. Wees op die uitkyk vir aanwysings.

  • Draai op die R44 af by die Summerhill-wynlandgoed en volg die Woordfees-aanwysings na die venue. Dit is 7km buite die dorp. Maak gebruik van ons pendeldiens as jy ‘n drankie daar wil geniet en gee jouself genoeg tyd om betyds daar uit te kom. Onthou, tydens spitsverkeertye gaan dit langer neem as gewoonlik. 

Die Paul Roos-teater is ’n nuwe venue. Dit is nie die sentrum of die groot skoolsaal nie, maar die kleiner teater.

Daar is betaalde ondergrondse parkering beskikbaar. Die ingang is in Merriman-laan. Dit het ’n hysbak vir feesgangers wat van rolstoele gebruik maak.

Standard Bank Endler, die Fismer en Amfiteater. Die laatnagprogram vind plaas by die Konservatorium se amfiteater.

Die Roadhouse Cinema is in die Neelsie-sentrum geleë.

Die ingang is in Kerkstraat geleë. Neem asseblief kennis dat parkering beperk is.

Die venue is by Die Khaya in Ryneveldstraat by die Kruiskerk geleë.

Die venue is agter die US Museum in Ryneveldstraat geleë.