Die lojaliteitsprogram is ’n gerieflike en eksklusiewe geleentheid vir ondersteuners van die Toyota Stellenbosch Woordfees om saam met ander feesgangers ’n unieke en betekenisvolle feeservaring te hê. Die lojaliteitsprogram bied ’n reeks pakkette om van te kies wat en is geskep om in ’n verskeidenheid van behoeftes te voorsien. Lidmaatskap is ’n persoonlike belegging in die kunste en dra by tot die volhoubaarheid van die fees.
Feesgereed
Raak feesgereed met hierdie sak-pas-pakket van die Toyota Stellenbosch Woordfees se lojaliteitsprogram. Ons bring die feesgids tot jou – jy hoef net te kus en keur. Spring voor in die tou vir kaartjies, pendel gratis sonder parkeerstres en kry ’n aandenking om jou feeservaring te onthou.
Voordele: *
- Gedrukte feesgids
- Toegang tot vroeë kaartjieverkope
- Pendeldiens
- Wynglas
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Feesdriftige
’n Feesdriftige is ’n aanhanger van die energie en sinergie wat die Toyota Stellenbosch Woordfees deur die kunste na die Eikestad bring. Jou bydrae help om die volhoubaarheid van die fees te verseker en vir die fees om aan jou ’n besonderse feeservaring te bied.
Voordele: *
- Gedrukte feesgidse
- Toegang tot vroeë kaartjieverkope
- Pendeldiens
- 20% afslag: uitgesoekte programitems
- Wynglas
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Geldig vir twee mense
Feesmaats
Die Toyota Stellenbosch Woordfees is ’n gemeenskapsaffêre waar vriende, familie, paartjies en nuwe vriende die ervaring kan deel. Deel die vreugde met ’n maat of vra hulle om by jou in te haak.
Voordele: *
- 2 x gedrukte feesgidse
- 2 x toegang tot vroeë kaartjieverkope
- 2 x pendeldiens
- 2 x 20% afslag: uitgesoekte programitems
- 2 x wynglase
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Geldig vir twee mense
Feesgenote
’n Feesgenoot (voorheen WF20-lede) is besorgd oor die lewenskragtigheid van die kunstebedryf. Werksgeleenthede en die welstand van kunstenaars is vir hulle belangrik. Genote belê in die volhoubaarheid en uitbou van die bedryf.
Voordele: *
- BBP-parkering
- Toegang tot vroeë kaartjieverkope
- Persoonlike aanbevelings
- 20% afslag op uitgesoekte programitems en spring lang rye vry
- 2x wynglase
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Geldig vir twee mense
Feesweldoener
’n Weldoener is besorgd oor die lewenskragtigheid van die kunstebedryf. Werksgeleenthede en die welstand van kunstenaars is vir hulle belangrik. Hulle belê in die volhoubaarheid en uitbou van die bedryf.
Voordele: *
- BBP-parkering
- Toegang tot vroeë kaartjieverkope
- Persoonlike aanbevelings en verblyfbespreking
- 2x Pendeldiens
- 20% afslag op uitgesoekte programitems en spring lang rye vry
- 2x wynglase
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Geldig vir twee mense
Feesfilantroop
’n Feesfilantroop is ’n entoesias, maat, weldoener, held. Belê in die Toyota Stellenbosch Woordfees se volhoubaarheid as platform vir die uitvoerende kunste, werkskepping, gemeenskapsontwikkeling en diversiteit.
Voordele: *
- 2x BBP-parkering
- Toegang tot vroeë kaartjieverkope
- Persoonlike aanbevelings en verblyfbespreking
- 20% afslag op uitgesoekte programitems en spring lang rye vry
- 2x wynglase
*Sien asseblief alle voordele voordat jy ’n pakket koop.
Algemene vrae
Wie kan aansluit by die lojaliteitsprogram?
Enigeen wat die Toyota Stellenbosch Woordfees ondersteun in ons strewe om kultuur en gemeenskap te vier, is welkom om aan te sluit.
Vir hoe lank is my lidmaatskap geldig?
Lidmaatskap is geldig vir die 2026-feesjaar en kan hernu word vir 2027.
Wanneer ontvang ek my voordele?
Voordele soos vroeë kaartjiebesprekings en afslagkodes kan vanaf 12 Junie 2026 benut word. Gedrukte feesgidse sal vanaf 12 Junie 2026 per koerier versend word. Weldoeners ontvang hul feesgids by die programvoorskou. Uitnodigings na funksies sal nader aan die betrokke geleenthede gestuur word, en alle funksiedatums sal betyds aan lede gekommunikeer word.
Is my lidmaatskap oordraagbaar?
Nee, lidmaatskap is persoonlik (of van toepassing op die twee persone in die geval van die Feesmaats- en Weldoeners-pakkette) en kan nie aan iemand anders oorgedra word nie.
Hoe werk afslag op produksies?
Lede ontvang 20% afslag op debuut- en uitgesoekte produksies in die volgende genres: EasyEquities Skrywersfees, Toyota Musiekfees, Spier Toneel, Dans, Klassieke musiek. Jy sal ’n unieke afslagkode ontvang wat jy op Quicket moet gebruik wanneer jy jou kaartjies bespreek. Die kode sal teen 12 Junie 2026 aan jou gestuur word en is geldig tot 11 Oktober 2026. Die afslagskode is slegs geldig vir een kaartjie per produksie met die Feesdriftige-pakket en twee per produksie met die ander pakkette waarop kaartjie-afslag van toepassing is.
Hoe werk vroeë kaartjiebespreking?
Lede kan kaartjies bespreek vanaf 12 tot 17 Junie 2026 – een volle week voordat die algemene publiek toegang kry. Die Toyota Stellenbosch Woordfees sal telefonies of per e-pos met jou kontak maak om jou bespreking te finaliseer.
Hoe ontvang ek my feesgids en pendeldienskaartjie?
Lede ontvang die gedrukte feesgids per koerier vanaf 12 Junie 2026. Pendeldienskaartjies sal per e-pos of op aanvraag by ’n afhaalpunt beskikbaar wees voor die fees begin.
Wat is die BBP-lokaal en hoe werk dit?
Die BBP-lokaal is ’n eksklusiewe ruimte waar Feesgenote, Weldoeners en Feesfilantrope verversings kan geniet en ontspan in die teenwoordigheid van kunstenaars, feesvennote en bedryfsrolspelers. Toegang vereis ’n spesiale akkreditasiekaart (wat een week voor die fees afgehaal word).
Wat gebeur indien ek nie ’n funksie kan bywoon waarvoor ek genooi is nie?
Indien jy nie kan bywoon nie, laat weet ons asseblief so spoedig moontlik sodat ons plek aan iemand anders kan aanbied. Ongelukkig is uitodigings na funksies nie vir geld verhandelbaar nie. Uitnodigings is ook nie oordraagbaar nie.
Bepalings en voorwaardes
Bepalings en voorwaardes
Toyota Stellenbosch Woordfees-lojaliteitsprogram: Bepalings en voorwaardes
Hierdie bepalings en voorwaardes is van toepassing op alle deelnemers aan die Stellenbosch Woordfees-lojaliteitsprogram. Deur aan te sluit by die program, stem jy in tot die volgende reëls en riglyne:
Algemeen
- Die lojaliteitsprogram is ’n jaarlikse intekening wat geldig is vir die 2026-fees.
- Lidmaatskap is persoonlik en nie oordraagbaar nie.
- Alle pakkette is onderhewig aan beskikbaarheid en kan sonder kennisgewing gewysig word
Lidmaatskap en betaling
- Volle betaling moet geskied ten tyde van inskrywing tot ’n pakket om toegang tot voordele te verseker.
- Geen terugbetalings van lidmaatskap sal gemaak word nie, behalwe indien die 2026-fees nie kan plaasvind nie.
Voordele
Voordele verskil per pakket en is duidelik uiteengesit in die onderskeie pakkette.
- Afslag op kaartjies geld slegs vir uitgesoekte produksies en is onderhewig aan beskikbaarheid.
- Pendeldiens-kaartjies, BBP-akkreditasie en uitnodigings na funksies word op vasgestelde datums uitgereik en is nie oordraagbaar of verhandelbaar nie.
- Feesgidsaflewerings is onderhewig aan die akkuraatheid van die kontakbesonderhede verskaf.
Eksklusiewe geleenthede en toegang
- Uitnodigings na spesiale geleenthede (bv. Woordfees-langtafel, BBP-ontbyt) is eksklusief aan lede van toepaslike pakkette en bywoning moet bevestig word voor die aangeduide sperdatum.
- Die Toyota Stellenbosch Woordfees behou die reg voor om toegang tot funksies of voordele te weier indien die bepalings oortree word.
Verantwoordelikhede van lede
- Lede is verantwoordelik om akkuraat en betyds te kommunikeer rakende hul besprekings en voorkeure ten einde volle benutting van hul pakket te geniet.
- Lede onderneem om die waardes van die Toyota Stellenbosch Woordfees na te kom in hulle deelname.
Veranderings en kansellasies
- Die Toyota Stellenbosch Woordfees behou die uitsluitlike reg voor om enige deel van die lojaliteitsprogram, insluitend pakkette, voordele of tydlyne, te verander of te kanselleer.
- Enige wesenlike veranderinge sal betyds aan lede gekommunikeer word.
Privaatheid
Alle persoonlike inligting wat ingesamel word sal uitsluitlik gebruik word vir kommunikasie met lojaliteitslede en sal nie aan derdepartye verkoop of versprei word nie. Lede gee toestemming dat hul persoonlike inligting deur die Toyota Stellenbosch Woordfees gestoor word.