’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar. Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid […]