Reinet Nagtegaal-teksprys

Die grootste teksprys in SA

In 2024 het die grootste teksprys in Suid-Afrika – die Reinet Nagtegaal-teksprys – in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees herleef. Die prys word moontlik gemaak deur Law for All en het vir groot entoesiasme in die teatergemeenskap gesorg. “Nie net is daar ’n element van opwinding en die aanmoediging van substansiële prysgeld nie, daar is ook prestigewaarde en die geleentheid om werklik aan ’n teks te skaaf voor dit opgevoer word,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. 
Die algehele wenner ontvang naas prysgeld, ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, en die moontlikheid van ’n speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Daar word verder twee naaswenners aangewys, wat ook prysgeld ontvang. Die wenner van die eerste Reinet Nagtegaal-teksprys is Dianne du Toit Albertze met haar teks Huis van sand.

Inskrywings

Inskrywings vir die 2027 Reinet Nagtegaal-teksprys is nou oop en sluit 15 Januarie 2027.

Wenners: 2026

Lees meer oor die wenners en wentekste van die 2026 Reinet Nagtegaal-teksprys.