’n Groot grys muur omhels ’n klein grys wêreld. Kleur is net ’n herinnering, ’n droom. Hier woon Geelgrommel en Blougrommel – die laaste kleure wat oor is. Toe kom daar ’n dag wat nie soos elke gewone grommerigegrommeldag lyk nie… Wat gebeur as teenoorgesteldes mekaar vind? En wat wag agter daardie muur? Kom saam op ’n speelse avontuur en ontdek hoe die natuur se kleure binne ons almal kan groei. Wenner van ’n Kanna vir Beste Aanbieding in Kinderteater