Antonio Vivaldi soos jy hom nog nooit gehoor het nie – hier is sy Vier seisoene nie net musiek nie, maar ’n reis deur klank, poësie en emosie. Die Italiaanse gedigte is deur dr. Dawid de Villiers in Afrikaans vertaal, en met slegs drie instrumente word hierdie produksie ’n opwindende nuwe weergawe van Vivaldi se tydlose meesterwerk. Elke seisoen word ingelui met poësie en insigte oor die komponis en sy wêreld.