Die Suid-Afrikaanse komponis Allan Stephenson het vele miniature vir sy vriende gekomponeer, werke met ’n soort ligsinnige vreugde wat maklik op die oor val. Die konsert open met Stephenson se kleurryke werk vir fagot en strykers, gevolg deur W.A. Mozart se Kwintet vir Franse horing en strykers. Dan kry Leipzig ’n beurt met Felix Mendelssohn se juweel van ’n Klaviersekstet met Esthea Kruger wat sorg vir bruisende, virtuose klavierspel onder begeleiding van kollegas van die KFO.