Gabriel’s Oboe

Klassieke musiek
70 Minute
12 Oktober
11:00
R170-R240 | R200-R270 by die deur

Ham Kyeong is die eerste hoboïs van die Finse Radio-orkes in Helsinki en ’n solis van internasionale faam. Suzanne Martens tree op as konsertmeester. Willem Vogel se keurige programkeuse sluit in Ottorino Respighi se Antieke airs en danse, die hobo-concerto’s van Vincenzo Bellini en J.S. Bach, die Adagio uit die strykkwintet in C van Franz Schubert, en “Gabriel’s Oboe” uit Ennio Morricone se fliek The Mission.

Met Ham Kyeong (hobo), Suzanne Martens, Gilah Kellner, Dané Hayes, Carina Naudé (eerste viool), Catherine Stiff, Mikael von Eschwege, Georgia Wantenaar (tweede viool), Emile de Roubaix, Karin Gaertner (altviool), Ethan Lawson, Clara de la Guerre (tjello), Francesca Levenderis (kontrabas), Mario Nell (klavesimbel)

In samewerking met die Koreaanse Kultuursentrum en Rupert-musiekstigting