Franz Liszt se “Harmonies poétiques et religieuses” is ’n onderskatte meesterstuk. In dié siklus van tien werke word die tegniese vaardigheid wat so prominent is in sy musiek volkome onderwerp aan die diep musikaliteit en mistiek van Alphonse de Lamartine se gedigte. Die klavier word as’t ware ’n digter op soek na dieper betekenis en poësie.