Miracle Tree

Klassieke musiek
60 Minute
17 Oktober
19:00
18 Oktober
16:00
R185-R230 | R215-R260 by die deur

Miracle Tree | Isihlahla Sezimanga is ’n viering van Suid-Afrika se digkuns en tale. Die program, met oorspronklike werke deur die bekroonde komponis Franco Prinsloo en uitgevoer deur Voices+ onder leiding van Sizwe Modlane, put inspirasie uit Bongekile Mbanjwa se gedig “Isihlahla Sezimanga”. Die musiek herinner ons aan die waarde van ons inheemse tale: Hul storie en betekenis groei soos blare aan takke en bring hoop, liefde en vreugde. ’n Viering van digkuns en ons gemeenskaplike taalerfenis.

Met Sizwe Mondlane (koorleier), Voices+ (lede van die Universiteit van Johannesburg-koor), Eugene Joubert, Magdalena de Vries, Motshwane Pege

Regisseur Jade Bowers
Vervaardiger UJ Arts & Culture