Mozart in kwartet

Klassieke musiek
70 Minute
14 Oktober
16:00
R180-R230 | R210-R260 by die deur

W.A. Mozart se liefde vir die klavier kom die sterkste tot uiting in sy 27 klavierkonserte – werke wat ook van sy bekendste melodieë bevat. Die Stellenbosse pianis Pieter Grobler en ’n strykkwartet van die US Konservatorium speel twee van Mozart se klavierkonserte in die komponis se eie kamermusiekweergawes daarvan, naamlik no. 11 in A-majeur (KV 414) en no. 13 in E-mol-majeur (KV 449). Die konsert open met Mozart se opgewekte Divertimento in D majeur KV 136 vir strykkwartet.

Met Pieter Grobler (klavier) en Suzanne Martens (eerste viool), Catherine Stiff (tweede viool), Emile de Roubaix (altviool), Ethan Lawson (tjello)