Een klavier is ’n verstommende masjien. Twee klaviere is ’n heerlike kakofonie. Sit Nina Schumann en Megan Geoffrey Prins voor die klaviere en die resultaat gee nuwe betekenis aan “skop, skiet en donner”! Met dié produksie – die eerste vollengte- uitvoering deur die klavierduo – vier hulle hul loopbane wat al jare lank verweef is.