Hierdie vier musici, wat al baie jare vriende is, word beskou as vier van Suid-Afrika se bekwaamste klassieke musici op onderskeidelik die klavier, viool, altviool en tjello, en saam vorm hulle die formele klavierkwartet Take Four. Die gehoor kan uitsien na hul uitvoering van W.A. Mozart se Klavierkwartet in E-mol-majeur (K 493) en die Franse komponis Gabriel Fauré se Klavierkwartet no. 1 in C-mineur, Op. 15.