In hierdie fyn uitgewerkte program word luisteraars getrakteer op twee van Suid-Afrika se voorste altvioliste wat in dialoog tree met hul kollegas op viool, tjello en klavier. Die vele uiteenlopende funksies as kamermusiekinstrument van die altviool, ook bekend as die “groot bemiddelaar” van strykinstrumente, word ten toon gestel met werke van Zoltán Kodály, Jan-Hendrik Harley, George Enescu, Alexander Borodin, Edward Elgar en Joaquín Turina.