Romantiese Offertoriums van 19de eeuse komponiste Adolphe Miné, Denis Bédard, César Franck, Charles François Gounod en Louis-James-Alfred Lefébure-Wély word gehoor. Carstens is orrelis van die NG kerk Humansdorp.
Die tyd vir offergawe gedurende die erediens is die tyd vir gee, sodat gedeel kan word. Die Offertorium as musiekgenre het ontstaan uit die Offertorium-moment in die Katolieke liturgie. Offergawe-musiek in klassieke eredienste hoef nie ’n vervelige gestamel te wees nie. Veral Franse komponiste het die Offertorium-genre (in Frans Offertoire) aangegryp en opwindende werke geskep vol kontras in atmosfeer, tempo en virtuositeit. Elke orrelis se program bevat hoofsaaklik Offertoriums of Offertoires. Die besonderse Moederkerk-orrel se verskeidenheid van klankkleure word ten toon gestel, en nabybeelde van die orrelis se hande en voete word op die skerms vertoon.