Daar is Pinotage in my tee

Toyota Musiekfees
90 Minute
14 Oktober
12:00
16 Oktober
13:00
R280 | R310 by die deur

Afrikaans én pinotage is vanjaar amptelik 100 jaar oud – en watter beter manier om dit te vier as met dié vertoning waarin die sanger en Koppieteefontein-aanbieder Jak de Priester kragte saamsnoer met Beyers Truter, Suid-Afrika se pinotagekoning, wat ook ’n storieverteller van formaat is. Kom geniet ’n glas uitgesoekte pinotage en luister na die stories en liedjies van dié Bolandse kunstenaars.

Met Jak de Priester, Beyers Truter