Filmmaakwerksessie met Pluto Panoussis: Dignity in Disgrace

Filmfees
OB 13
90 Minute
16 Oktober
16:00

Open Window Filmstudio

Gratis (maar bespreek vooraf by jaco@openwindow.co.za)

Exploring B-Movie Culture: ’n Werksessie deur Pluto Panoussis

“Toe ek as vryskutontwerper gewerk het, is ek deur ’n kliënt in Kaapstad genader wat toe pas die regte vir ’n Amerikaanse uitbuitingsfilm met die titel I Spit on Your Grave gekoop het. Die opdrag: ‘Sorg dat dit verkoop!’,” vertel Pluto Panoussis. “Ek het die rolprent gekyk en was tegelykertyd gefassineer en met weersin vervul. Aan die een kant was dit ’n afgryslike, uitbuitende wraak-verkragtingsverhaal oor ’n vrou wat mishandel word en dan doelgerig probeer om die onreg teen haar reg te stel. Aan die ander kant was dit ’n skokkend uitdagende feministiese rolprent wat deur een resensent beskryf is as ‘miskien die skerpste anti man-rolprent wat tot nog toe deur ’n manlike filmmaker gemaak is’. Om ’n ‘fyn’ ontwerpsensitiwiteit toe te pas op die onderwerp was my eerste openlike verkenning van B-filmkultuur en die gedagte om dalk waardigheid in skande te vind. Hierdie werksessie ondersoek B-Movie-kultuur en die lewensvatbaarheid daarvan as ’n bron van inspirasie vir rolprentvervaardigers in Afrika waar ’n beperkte begroting ’n bepalende faktor is.”