An Evening of Elegance: A Taste of History

Leefstyl
240 Minute
17 Oktober
18:00
R1 200 | Besprekings sluit 15 OKT

A TASTE OF HISTORY WITH ANNANDALE WINES

Keer terug na die vroeë 1800’s by die Stellenbosch-museum se pragtig bewaarde Grosvenor-huis vir ’n aand van onvergeetlike kulinêre en kulturele bederf. Sluit by ons aan vir ’n tradisionele tweegangmaaltyd, met vyf voortreflike wyne van die historiese Annandale-wynlandgoed as pasmaats en omring deur die tydlose elegansie van 19de eeuse dekor. Verwag veel meer as ’n feesmaal – dis ’n sjarmante reis deur tyd en smake.