Skrootwerf-evangelie is ’n viering van musiek uit die oeuvres van kunstenaars soos Leonard Cohen, Joni Mitchell, Tom Waits, Koos du Plessis, Frieda van den Heever en Deon Meiring – dié kunstenaars swyg nie oor dít wat oënskynlik taboe is nie. Die produksie nooi die gehoor uit om saam ondersoek in te stel na dit wat onder die vel skyn. In ’n wêreld waar oppervlakkigheid dikwels seëvier, put ons vreugde uit musiek wat lig in die donker bring.