’n Nuwe musikale ervaring met ’n grensverskuiwende samesmelting van heilige en moderne klanke wag in Zoid Psalms, ’n produksie wat sy gelyke nie ken nie. Kom geniet die mengsel van ikoniese kerkorrel en die sensasionele energie van Karen Zoid se rock-kitare in ’n unieke produksie wat ouwêreldse instrumentasie en kontemporêre musiek verken – en sorg vir ’n spirituele en klankervaring soos g’n ander nie. Moenie die kans misloop om dié musiekreis mee te maak nie!