WOW-Skrywersfees: Skrywersgesprek: Gr. 8-9

WOW
120 Minute
15 Oktober
11:00
Gratis

William Oosthuizen, skrywer van Die lewe volgens Wim Vermaak en Wim Vermaak maak ’n plan, kom gesels met leerders oor dié opwindende stories. Die skrywers Julian Jansen en Jeremy Vearey vertel meer oor hul lewensverhale, uitdagings en die krag van gemeenskap en liefde soos vasgevang in hulle kortverhale in Leë blikkies vol liefde. Twee WOW-leeskringlede sal by hierdie inspirerende sessie die geleentheid kry om onderhoude met Jansen en Vearey te voer.