Spesiaal vir Juniors: Verf-en-vers-slypskool

WOW
300 Minute
18 Oktober
09:00
Gratis

Is jy ’n digter of kunstenaar? Kom deel jou kreatiwiteit! Hierdie kreatiewe slypskool vir grondslag- en intermediêre
leerders kweek ’n liefde vir lees, poësie en kuns. Leerders skryf gedigte en stel dit skeppend voor op A3-plakkate.
Onderwysers word touwys gemaak in nuwe maniere van lesgee. Ingeskrewe kunswerke kom in aanmerking vir WOW se jaarlikse Verf-en-vers-wedstryd en die wenplakkate word met pryse beloon.