Net een eerste keer

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
15 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

’n Mens publiseer net een keer jou eerste roman by ’n gerekende uitgewer, en
nou weet Marieta Carrick (Bloed van ’n vlinder), Hendie Grobbelaar (Wilde
vere
) en Wilna Roux (Die ooggetuie) hoe dit voel. Drie uiteenlopende boeke in drie
verskillende genres deur drie opwindende nuwe skrywers, maar al drie deel daardie
unieke ervaring van “die eerste keer”. Die ouduitgewer Marga Stoffer stel vrae
aan die skrywers, en vind meer uit oor allerhande eerstes en die kronkelpaaie wat
tot hierdie drie publikasies gelei het.

Aangebied deur Queillerie,
Human & Rousseau, Lapa