In Die (vreemde) einde van ’n koerant boekstaaf die laaste redakteur van Beeld, Barnard Beukman, ’n belangrike stuk eietydse geskiedenis. Hy vertel die storie van die sluiting van dié dagblad en dink na oor die impak wat hierdie verlies op die Suid-Afrikaanse medialandskap gehad het. Anneliese Burgess, wat self onlangs die sluiting van Vrye Weekblad beleef het, stel die vrae. Saam stoei die twee gesoute joernaliste oor die wyse waarop die laaste dae uitgespeel het, die lesse van die verlede en hoe die toekoms lyk.