Op die markplein van idees

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
16 Oktober
11:30
R50 | R80 by die deur

Anton van Niekerk se rubrieke in die dagblaaie Beeld en Die Burger het oor
’n wye verskeidenheid onderwerpe gehandel, maar een ding in gemeen gehad:
’n belangstelling in idees. Die soeke na wysheid en ’n poging om sin te maak van
die wêreld is die goue drade wat loop deur Uilvlug in die skemering: Op die markplein
van idees.
Chris Jones gesels met Anton oor dié bundel van sy gewildste rubrieke,
waarin hy met intellektuele kwessies stoei en krities nadink oor dinge wat vir
ons almal saak maak.

Aangebied deur Naledi