Skokkend: twee waremisdaadboeke

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
17 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Suid-Afrika is berug vir die hoë voorkoms van moorde op vroue – en tog is daar
tussen al die verskriklike nuusstories steeds gevalle wat mense tot in hul
beendere ruk. Julian Jansen se boek oor die skokkende moord op Deveney Nel,
en Anena Burger s’n oor die ds. Liezel de Jager-saak vertel twee van hierdie stories in die fynste besonderhede. Die joernalis Carryn-Ann Nel vra die skrywers uit oor aspekte van die moorde en die
daaropvolgende hofsake, asook die manier waarop verskillende stelsels die publiek én
slagoffers in die steek laat.

Aangebied deur Penguin Random
House, Tafelberg