Sy/haar/Hertzog

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
14 Oktober
11:30
R50 | R80 by die deur

Die jongste toevoegings tot die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap
en Kuns se reeks huldigingsboeke oor Hertzogpryswenners gaan oor Antjie
Krog
en Wilma Stockenström. Antjie het die prys drie maal vir poësie gewen, en
Wilma twee maal in verskillende genres (poësie en prosa). Marni Bonthuys vra
die redakteurs, Louise Viljoen (Antjie Krog: ’n Ondersoekte lewe) en Ronel
Foster
(Wilma Stockenström: Met my wysvingertop), uit oor die publikasies
en oor die impak, invloed, politiek en polemiek rondom literêre pryse. Daar
sal ’n voorlesing wees uit Naledi se huldigingsbundel Ewige tydelikheid, wat
nuwe verse vir Wilma Stockenström bevat.

Aangebied deur SA Akademie, Protea
Boekhuis, Naledi