Die siel van Eugène Marais

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.13 (G)
80 Minute
17 Oktober
11:00
18 Oktober
14:30
19 Oktober
16:30
R190-R270 | R220-R300 by die deur

Dié kabaret fokus op die baanbreker Eugène Marais se metamorfose van ’n sjarmante jong joernalis en charismatiese student wat in Londen skouers geskuur het met Neville Chamberlain tot die sku en verslete man van sy latere jare. As digter, natuurkundige en denker het Marais die norme van die Afrikaner-samelewing uitgedaag, en sy stryd met verslawing en soeke na sin maak van hom ’n komplekse en inspirerende figuur.

Met Daniel Anderson

Regisseur en skrywer Amanda Bothma

Musiekregisseur Paul Ferreira