We Two From Heaven

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
17 Oktober
11:30
R50 | R80 by die deur

Een van die funksies wat letterkunde in ’n kultuur vervul, is om mense te help om hulself te oriënteer. James Whyle se roerende en hoogs oorspronklike memoires, We Two From Heaven, vra vrae oor wie ons is en hoe ons hier gekom het, en probeer dié vrae uitpluis deur episodes in die skrywer se lewe te verweef met briewe wat sy pa van die slagveld af geskryf het gedurende die Eerste Wêreldoorlog. S.J. Naudé voer gesprek met Whyle oor herinnering, pyn en die verantwoordelikheid wat daarmee saamkom om die bewaker van die familiegeskiedenis te wees.

Aangebied deur Jonathan Ball