Hunger Games: How Writers Survive

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
13 Oktober
14:30
R50 | R80 by die deur

Dit was nog altyd moeilik om ’n lewe te maak as vryskutskrywer, maar teen 2025 het dit haas onmoontlik geword. Of jy nou boeke, artikels, “inhoud” of kopie skryf, geleenthede is onvoorspelbaar en die betaling onvolhoubaar. Ander planne is ononderhandelbaar. Ilse Salzwedel gesels met Jolyn Phillips, Karin Schimke, Leonie Joubert en die Vlaamse skrywer Frederik De Backer oor die stand van sake, die moontlikhede vir die toekoms en die faktore wat ’n invloed het op die loopbaan van woordwerkers. ’n Noodsaaklike gesprek vir enigiemand wat wil skryf vir ’n lewe.