In Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf inspirerende Suid-Afrikaners. Dié gespreksreeks word gratis in die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum aangebied.
Thuli Madonsela
Die voormalige Openbare Beskermer is deesdae professor aan die US en direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid. Sy gesels oor die huidige stand van ons demokrasie, die rol van etiese leierskap en die ontkaping van die staat.