In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
‘Huis van sand’
Dianne du Toit Albertze se teks is die nuutste wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys, die grootste teaterteksprys in Suid-Afrika. Dianne, die regisseur Wolf Britz en die geselskap vertel meer oor die wen-teks, die landskap van die Noord-Kaap wat ook ’n karakter word, en toksiese vroulikheid.