Die verhaal van ’n man se ontmoeting met ’n berugte Parktown prawn wat veral in die 1980’s en 1990’s amok gesaai het in Johannesburg. Deur skerp satiriese kommentaar en komiese detail ondersoek dit die verhouding tussen vrees en mag in die alledaagse lewe terwyl dit die gehoor op ’n onvergeetlike reis deur die donker onderbuik van die voorstede neem. Die stuk het destyds 17 nasionale en internasionale pryse gewen, onder meer ’n Fringe First- prys by die Edinburg-fees, waar dit ook die Perrier Pick of the Fringe-kortlys gehaal het.