Science Café: Kwantumsatelliete: SA en China vat hande

Diskoers
60 Minute
14 Oktober
18:30
Gratis

Die Science Café is ’n inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskapskwessies aanmoedig.

Kwantumsatelliete: SA en China vat hande

Suid-Afrika en China het die langste ultraveilige interkontinentale kwantumsatellietverbinding ter wêreld gevestig – oor ’n afstand van 12 900 km. Met behulp van die Chinese kwantummikrosatelliet Jinan-1, wat in ’n lae-aarde- wentelbaan gelanseer is, is hierdie mylpaal die eerste kwantumsatelliet-kommunikasieverbinding wat in die Suidelike Halfrond gevestig is. Kom luister na die fisici wat dit laat gebeur het.

Met dr. Yaseera Ismail (eksperimentele fisikus, departement fisika, US), prof. Francesco Petruccione (direkteur van die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe en professor in kwantumberekeninge aan die Skool vir Datawetenskap, US)

Ondersteun deur Universiteit Stellenbosch