R750.00

Raak feesgereed met hierdie sak-pas-pakket van die Toyota Stellenbosch Woordfees se lojaliteitsprogram. Ons bring die feesgids tot jou – jy hoef net te kus en keur. Spring voor in die tou vir kaartjies, pendel gratis sonder parkeerstres en kry ’n aandenking om jou feeservaring te onthou.

Voordele:

  • Ontvang die gedrukte feesgids gratis per koerier vanaf 12 Junie 2026.
  • Bespreek feeskaartjies een week voordat kaartjieverkope vir die algemene publiek open (12 – 17 Junie 2026).
  • Een pendeldienskaartjie, geldig vir die volle duur van die fees (3 – 11 Oktober 2026).
  • 5% afslag vir een op uitgesoekte programitems
  • Ontvang ’n Toyota Stellenbosch Woordfees-wynglas en -houer – jy kan dit om jou nek dra tussen feesvenues heen.