Hoe werk die Spaar Bar?
Oop van 09:00 tot 15:00 by die Erfurthuis | 11 tot 19 Okt. Jy kan halfpryskaartjies koop vir sekere items op die feesprogram wat binne vier uur plaasvind. Byvoorbeeld: As jy 09:00 by die Spaar Bar is, kan jy sekere vertonings tot en met 13:00 teen halfprys koop. As jy 10:00 opdaag, is sekere vertonings tot en […]
Hoogtepunte van Woordfees TV 2022
Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.
Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees
Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring genoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig. […]
Hy loop al vyf jaar met dié idee, sê Deon Opperman
“Ek ag myself nie ’n ‘boodskap’-dramaturg nie. Ek probeer altyd om ‘n ‘slice of life’ aan te bied waarin my gehore realiteite en probleme wat tot hulle eie lewens relevant is, konfronteer, en saam met die karakters deur daardie uitdagings werk.” Só vertel die tweemalige Hertzogpryswenner Deon Opperman. ’n Nuwe toneelstuk uit sy pen, Die […]
Johannesburg-programbekendstelling
Die Toyota US Woordfeesprogram vir 2020 is ook by ‘n intieme geleentheid in Johannesburg op 19 November aan kunstenaars en media bekend gestel. Dié geleentheid het in die Dunkeld Onafhanklike Teater plaasgevind. Loftus Marais het gedigte voorgelees en Bad Peter het musiek gemaak.
Kom ons begin ‘n beweging
Die kunste is soms geneig om só te fokus op die individuele ervaring van kunstenaars, gehore, kykers en lesers, dat die waarde van gesamentlike ervaring geringgeskat en afgemaak word. Te midde van alles wat in 2019 sleg en swaar was in Suid-Afrika, is daar twee gebeurtenisse wat uitstaan en herbevestig dat die hoop nooit beskaam […]