Merke, gereed, 24 Augustus

Die Toyota US Woordfees vind van 10 tot 16 Oktober die eerste keer sedert 2020 weer in Stellenbosch plaas. Die feestema vanjaar is “Wild” en die Woordfeesspan is besig om ’n program saam te stel wat jou nooi om jou verbeelding in die Eikestad los te laat en só nuwe moed en asem te skep. […]

Musiek laat mense weet hulle is nie alleen nie

Mariam Batsashvili van Georgië is die eerste vroulike pianis wat die Internasionale Franz Liszt Klavierkompetisie gewen het. Sy het al saam met van die wêreld se mees gevierde orkeste opgetree, waaronder die Nederlandse Radio Filharmonie, die Koninklijke Concertgebouw Orkes, en die Rotterdam- en die Brussel Filharmonie. Sy gee vanjaar ‘n solo-klavieruitvoering by die Toyota US […]

Nagtegaal-teksprys-wenner: Dianne du Toit Albertze betower met ‘uitmuntende tegniek’

nagtegaal

Die wenner van die gesogte Nagtegaal-teksprys vir 2025 is die Namakwalandse skrywer, aktrise en teaterskepper Dianne du Toit Albertze. Die Nagtegaal-teksprys is die grootste teksskryfkompetisie in Suid-Afrika en het in 2024 herleef in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees. Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook […]

Nuwe Vensters-formaat ’n groot sukses

Vensters is ’n geliefde Stellenbosse tradisie. Dit is die jaarlikse hoogtepunt van die verwelkomingsprogram vir nuwe aankomelinge op kampus en word deur die koshuise en privaat studente-organisasies (PSO’s) van die Universiteit Stellenbosch georganiseer. Vir hierdie geleentheid kom koshuise en PSO’s saam in spanne en die eerstejaarstudente van elke gemeenskap skep ’n vertoning van ongeveer 15 […]

Op 23 Junie sal jy weet wat borrel en bruis by die Woordfees vanjaar

Die Toyota US Woordfees se tema vir 2023 is pas bekend gemaak saam met die datum van die programbekendstelling vir vanjaar se fees. Die nuwe feestema is Borrel, wat ’n verskeidenheid assosiasies en betekenismoontlikhede inhou.   “Enersyds verwys dit na speelse bruising en drif, ’n swewende, dromerige gevoel, onskuldige kinderpret met seepbelle, en die lekker […]