André van der Merwe ontvang Kanselierstoekenning

Toyota US Woordfees

André van der Merwe is al 17 jaar lank dirigent van die internasionaal gerekende Stellenbosch Universiteitskoor. Hy word vanjaar met ’n Kanselierstoekenning vir sy werk vereer. Die gesogte Kansellierstoekennings gee erkenning aan personeellede van die Universiteit Stellenbosch wie se loopbane van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en/of professionele dienste getuig. […]