Feesfilantroop

R100,000.00

’n Feesfilantroop is ’n entoesias, maat, weldoener, held. Belê in die Toyota Stellenbosch Woordfees se volhoubaarheid as platform vir die uitvoerende kunste, werkskepping, gemeenskapsontwikkeling en diversiteit.

Voordele:

  • Twee BBP-parkeerplekke by die US Museum (feeskern) vir twee voertuie, geldig vir die volle duur van die fees (3 – 11 Oktober 2026).
  • Bespreek feeskaartjies een week voordat kaartjieverkope vir die algemene publiek open (12 – 17 Junie 2026).
  • Persoonlike aanbevelings oor die feesprogram met eksklusiewe toegang tot die fees se kaartjiekantoor vir vroeë bespreking.
  • Twee uitnodigings na:
    • Programbekendstelling (kry jou feesgids hier)
    • Visuele kuns-opening
    • Stellenbosch Woordfees-langtafel
    • Spesiale funksie vir Feesgenote, Weldoeners en Feesfilantrope
    • Twee uitnodigings na ’n eksklusiewe ontbytsessie met kunstenaars en lede van die Toyota Stellenbosch Woordfees-advieskomitee
  • Persoonlike verblyfbespreking teen die onderhandelde Toyota Stellenbosch Woordfees-tarief.
  • Eksklusiewe toegang vir twee tot die Toyota Stellenbosch Woordfees se BBP-lokaal vir die volle duur van die fees, etes ingesluit (3 – 11 Oktober 2026).
  • Spring lang rye vry – kry prioriteitstoegang by feeslokale met twee spesiale BBP-akkreditasiekaarte.
  • Twee pendeldienskaartjies, geldig vir die volle duur van die fees (3 – 11 Oktober 2026).
  • 20% afslag vir twee op uitgesoekte programitems.
  • Jy maak dit moontlik vir 40 leerders (van jou keuse van skool) om ’n produksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees by te woon.
  • Die opsie om jou naam in die feesgids of op die webwerf te laat plaas.
  • Ontvang twee Toyota Stellenbosch Woordfees-wynglase en -houers – dit kan om die nek gedra word tussen feesvenues heen.