Voordele:
- BBP-parkering by die US Museum (feeskern) vir een voertuig, geldig vir die volle duur van die fees (3 – 11 Oktober 2026).
- Bespreek feeskaartjies een week voordat kaartjieverkope vir die algemene publiek open (12 – 17 Junie 2026).
- Persoonlike aanbevelings oor die feesprogram met eksklusiewe toegang tot die fees se kaartjiekantoor vir vroeë bespreking.
- Twee uitnodigings na:
- Programbekendstelling (kry jou feesgids hier)
- Visuele kuns-opening
- Toyota Stellenbosch Woordfees-langtafel
- Spesiale funksie vir Weldoeners
- Persoonlike verblyfbespreking teen die onderhandelde Toyota Stellenbosch Woordfees-tarief.
- Eksklusiewe toegang vir twee tot die Toyota Stellenbosch Woordfees se BBP-lokaal vir die volle duur van die fees, etes ingesluit (3 – 11 Oktober 2026).
- Spring lang rye vry – kry prioriteitstoegang by feeslokale met twee spesiale BBP-akkreditasiekaarte.
- Twee pendeldienskaartjies, geldig vir die volle duur van die fees (3 – 11 Oktober 2026).
- 20% afslag vir twee op uitgesoekte programitems – klik hier vir die lys.
- Ontvang twee Toyota Stellenbosch Woordfees-wynglase en -houers – dit kan om die nek gedra word tussen feesvenues heen.