Kunstenaars en kreatiewe ruimtes is een van die dryfvere agter gentrifkasie, ’n proses wat soms ook artwashing genoem word en negatiewe konnotasies het. Kuns kan egter ook ’n positiewe rol speel. In die dokkie Artwashing Juxtaposed word dié gesprekspunt verken aan die hand van die werke van Strijdom van der Merwe en kuns- en dramastudente aan die US. Ronnie Donaldson lei die gesprek ná die filmvertoning tussen kollegas van die drama- en kunsdepartement plus verteenwoordigers uit die gemeenskappe van Pniel, Raithby, Jamestown en Kylemore.