Bitterkomix: Sketchbooks and Journals

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
17 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Daar is geen beter rekord van ’n kunstenaar se ontwikkeling as daardie kunstenaar se eie sketsboeke nie – veral as ons praat van toegewyde kunstenaars soos Conrad Botes en Anton Kannemeyer, wat al sedert 1989 in sketsboeke skribbel. Die breine agter Bitterkomix wys vir lesers voorbeelde van die ongeveer 1 000 tekeninge wat in hulle nuwe boek opgeneem is, en bespreek hoe belangrik sketsboeke en dagboeke as speelplek, bron en rekord is. Bring gerus jou eie sketsboek saam en maak aantekeninge terwyl jy kyk, luister en leer by twee van die bestes.

Aangebied deur Painted Dog Press