DIE SUPERETTE

Filmfees
13
16 Minute
11 Oktober
14:30
12 Oktober
13:30
16 Oktober
15:30
17 Oktober
13:30
Gratis

SILWERSKERMFEES 2025: KORTFILM (GEVESTIG)

Die Superette is ’n aksie-komedie wat afspeel teen ’n wilde pas in ’n kafee op die hoek. Tannie Sonja is die skerp, voete-op-die-aarde-kassier by die winkel wat alomgeliefd is vir haar hartlikheid en humorsin. Wanneer twee gemaskerde rowers, Bompie en Lange, inbars en geld eis, ontaard die situasie vinnig in ’n gyselaarsdrama. Maar Sonja bly koelkop en gebruik haar ratse verstand, humor en koppigheid om die rowers te ontwyk en haar klante tot aksie oor te haal. Die Superette, wat op een deurlopende tydlyn afspeel, is ’n spannende wedloop teen tyd en ’n wipwaritkomedie oor ’n gemeenskap wat reg en geregtigheid in eie hande wil neem, maar niks verloop volgens plan nie.

11 Oktober 14:30 Neelsie 1

12 Oktober 13:30 Neelsie 2

16 Oktober 15:30 Neelsie 1

17 Oktober 13:30 Neelsie 2

Met June van Merch, Dirk Stoltz, Marunzo Thomas, Tyron McKinnon

Vervaardiger Roxanne Harris
Produksiehuis Blended Films
Uitvoerende vervaardiger(s) Dominique Jossie, Quanita Adams
Regisseur Dominique Jossie
Draaiboekskrywer Byron Simons
Skrywer Dominique Jossie
Redigeerder Hofmeyr Smit
Kinematograaf Stephan Hambsch