Dis ZAMAR lekker

Meertalig
60 Minute

10 Oktober

11:30
R185-R235 | R215-R265 by die deur

Zamar is al amper 20 jaar bekend vir hulle aansteeklike, energieke musiek – van Piazzolla tot Chick Corea tot wals, tango, vastrap, folk en jazz. Die virtuose spel, met afwisseling tussen instrumentale en vokale musiek, voer jou weg na lande ver van hier, met lekker stories tussendeur. 

Met: Veronica Bell (viool), Monika Stuchlik Kahl (trekklavier), Philip Vermeulen (kitaar), Warren Joubert (baskitaar), Ronald Siegelaar (tromme)