AFGESTEL | CANCELLED
Die ouskoolse speurder Jan Brand moet die jazz-sangeres Alia Vry ondervra nadat haar man, Henkie Uiwe, vermoor is, maar een drankie word gou ’n paar en een liedjie vinnig drie. In hierdie maltrapverhoogavontuur kry klassieke jazztreffers ’n nuwe baadjie en word stories blitsig gespin in ’n kroegie wat met veel meer as net grondboontjies en goedkoop whisky op die rak spog.