Gerda Taljaard verdien om ’n huis- houdelike naam te wees. Twee van haar vier vorige romans is met verskeie pryse bekroon, en haar aanhangers weet sy is ’n fantastiese storieverteller wat boonop ’n besonderse gawe het vir ryk beeldspraak. Al haar talente word ten toon gestel in haar jongste roman, Die grafdigter, waarin daar ook fassinerende historiese en sprokies- elemente is. Frieda van den Heever gesels met Gerda oor dié nuwe boek, psigoterapie, die leuens wat ons vir onsself vertel en ontvlugting in fantasie – ter wille van oorlewing.